FOTO Twitter / @katemara

FOTO Twitter / @katemara

Het jy gehoor?

Dié 2 aktrises is verloof!

Nog ’n dag, nog ’n verlowing! Die aktrise Kate Mara is verloof aan haar medespeler in Fantastic Four, Jamie Belle!

Die paartjie het mekaar in 2014 op die stel van die superheldfliek ontmoet. Kate het die rol van Sue Storm vertolk en Jamie was “The Thing”.

Ongelukkig was die fliek ’n flop by die loket, en Rotten Tomatoes het dit ’n powere 9% gegee. Gelukkig het Kate en Jamie se verhouding nie daaronder gely nie.

Kate se diamantring is beslis die perfekte grootte – geskik vir ’n superheldin.

Maar Kate en Jamie is nie al medespelers wat kan begin beplan aan ’n troue nie.

Die aktrise Kirstin Dunst is verloof aan haar medespeler in Fargo, Jesse Plemons. Die paartjie, wat man en vrou in die TV-grureeks speel, is in Mei verlede jaar die eerste keer saam gesien.

Baie geluk, Kate en Kirstin!

Lees nou

Dié moontlike nuwe paartjie breek die internet!

Ed Sheeran breek rekords met sy nuwe musiek! Luister dit hiér

Aktrise Gerwen Simon is swanger!