Het jy gehoor?

Klein Beckham no. 4 is op pad!

Met slegs mans in die huis, is Victoria Beckham baie opgewonde oor die vierde kleintjie wat sy verwag. Vir jare het sy ‘n huis vol mans gehad, maar die nuweling is dalk net die dogtertjie wat sy begeer. Die mode-ontwerper en voormalige Spice Girl het al dikwels geskimp ‘n dogtertjie sal welkom wees. Sy weet nog nie of dit wel so sal wees nie, want sy en David het saam besluit om te wag tot die geboorte om uit te vind.

David Beckham het die nuus op facebook aangekondig: “Ek het wonderlike nuus om julle te vertel. Ek en Victoria verwag ons vierde kind! Die seuns is ook baie opgewonde oor die aankoms van hul nuwe broer of suster.”

Die Beckhams het reeds drie seuns – Brooklyn, nou elf, Romeo, agt en Cruz, vyf.

Lees meer by dailymail.co.uk