Het jy gehoor?

Die volgende superster-aktrise besiger as ooit ná Oscar

Daar was geen tyd vir asemhaal en feesvier nadat die 22-jarige Jennifer Lawrence Sondag daardie één toekenning waarvan elke aktrise droom, ontvang het nie. Die dag ná die Oscars moes Jennifer haarkapper toe om haar blonde kapsel swart te kleur vir haar rol as Katniss in die filmreeks, The Hunger Games. Die eerste rolprent in dié reeks het in 2012 die jong aktrise vinnig gewild gemaak.

Sy het ook oorgeneem by die aktrise Mila Kunis (Black Swan) as die gesig van Miss Dior. Net voor die Oscars het sy ’n advertensie vir dié internasionale modehuis geskiet. (Kyk net hoe pragtig lyk sy agter die skerms van dié advertensie op die foto’s hieronder) 

    

Die film Serena waarin sy weer teenoor Bradley Cooper speel, se produksie het ook pas klaargemaak. Dié twee het ook die hoofrolle gespeel in Silver Linings Playbook – die rol waarvoor sy die Oscar ontvang het. En van die stel van The Hunger Games: Catching Fire is sy weer op pad na die volgende X-Men-rolprent wat in Kanada geskiet word. Die meisie sit omtrent nie stil nie!

[box:full:red:both]

Het jy gehoor?

Die klere wat Jennifer Lawrence in Silver Linings Playbook gedra het, gaan nou opgeveil word. Die items sluit in ’n stywe wit dansbroek, winterjas en sport-bra. Dit sal na verwagting enige iets tussen $500 en $1 500 (R4 423 – R13 270) inpalm.

[/box]

Wat dink jy? Sal jy so iets koop?