jonathan_antoine
Het jy gehoor?

Jonathan Antoine – die volgende Susan Boyle?

Dit was wéér ‘n Susan Boyle-oomblik – toe die skaam 17-jarige Jonathan Antoine en sy sangmaat, die 16-jarige Charlotte Jaconelli, wegtrek met Andrea Bocelli en Celine Dion se The Prayer.

Die twee het verskeie staande ovasies gekry – ook van Simon Cowell, skepper en beoordelaar van Britain’s Got Talent. Simon het Jonathan se stem met dié van opera-legende Pavarotti vergelyk.

Volgens sy ma, Tracy, was hierdie ‘n ongelooflike ervaring vir haar seun wat Oktober verlede jaar ‘n senu-ineenstorting gehad het. Volgens berigte het hy van sy kinderdae met sy gewig gesukkel en is daaroor op skool geboelie.