dragontattoo_poster
Het jy gehoor?

Die voorprent vir ‘The Girl with the Dragon Tattoo’ is hier!

Die opwinding rondom die Amerikaanse fliek-weergawe van The Girl with the Dragon Tattoo, die eerste boek in die gewilde Stieg Larsson-trilogie, begin nou opbou. Bekende blogger, Perez Hilton, het die voorprent op sy blog gepubliseer en vroeër vandag het die fliekplakkaat in die kuberruim begin opduik.

Op die sexy plakkaat omhels Daniel Craig (van James Bond-faam) ‘n bostuklose Mara Rooney. Craig speel die hoofrol van die joernalis, Mikael Blomkvist, en Rooney dié van die genadelose, geheimsinnige kodebreker (hacker), Lisbeth Salander. Yolandi Vi$$er van Die Antwoord is aanvanklik vir die rol van Lisbeth genader. David Fincher (Fight Club) is die regisseur.

Ons kan nie wag nie!

Kyk die lokprent.


  • celeste van rooyen

    die orginals is tien keer beter, die girl se tatoo is nie groot genoeg en sy nie donker genoeg nie