FOTO Instagram (@kimkardashian)

FOTO Instagram (@kimkardashian)

Het jy gehoor?

Die vreemdste goed in Kim Kardashian se yskas

Kim Kardashian is so oop soos ’n boek. As sy nie naak selfies deel nie, vertel sy vir die wêreld wat in haar yskas is. 

Vir die afgelope paar maande volg Kim die Atkins-dieet (hoëproteïen-dieet). Sy beweer dié dieet haar gehelp om die nodige gewig te verloor ná die geboorte van haar jongste, Saint. Sy het die vyf items wat altyd in haar yskas is op haar webtuiste gedeel.

I my family

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Here’s a pic from my new edition of SELFISH out in October. How sweet is my Saint at 2 months old & my little North A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Die volgende items moet altyd in haar yskas wees: dieet-ystee, gesnyde kalkoenborsies, mozzarella-kaasstokkies, houtskool-limonade en ’n gefermenteerde suiwelproduk. Jy lees reg, Kim drink limonade met houtskool in en dit gee haar glo die nodige energie wat sy soek. En die gefermenteerde suiwelproduk is nie jogurt nie, maar iets soortgelyks wat baie meer probiotika bevat.

Ander bekendes se yskaste:

Taylor Swift

FOTO Instagram / @taylorswift

FOTO Instagram / @taylorswift

Daar’s altyd ses goed in dié Grammy-wenner se yskas: Eiers, ham, lemoensap, Coke Light, Parmigiano-Reggiano-kaas en ’n bak kaneelrolletjies.

Beyoncé

FOTO Instagram . @beyonce

FOTO Instagram / @beyonce

Haar yskas word veral gevul met sitrusvrugte, eiers en wortelstokkies.

Christy Turlington

FOTO Instagram / @cturlington

FOTO Instagram / @cturlington

In dié supermodel se yskas is daar geen ongesonde kos te vinde nie. Net amandelmelkkokosneutwater en verskeie groente.

Lees nou

‘The Voice’ se Vernon se eerste musiekvideo!

Hollywood gaan La La oor Emma en Ryan

Die KFC-resep, ons toets dit!