Het jy gehoor?

Die vrou in Michael Phelps se lewe

Die verliefde paartjie het Maandag 6 Augustus saam by ‘n Speedo-funksie opgedaag en mense het behoorlik oor hul voete geval om dié swemster se blonde meisie te sien. Rossee is ‘n opkomende model-aktrise in Los Angeles wat hard werk om haar loopbaan op dreef te kry. En nou gons dit op RadarOnline.com oor of sy haar verhouding met Phelps gebruik om bloot in die kollig te wees.

“Michael is totaal verlief op Megan, ‘n mens sien dit as hy by haar is. Maar, soos enige meisie in Hollywood weet, gaan dit oor saam met wie jy gesien word. Deur met Michael te assosieer kan sy publisiteit vir haarself ook kry,” het ‘n bron aan RadarOnline gesê.

Rossee se pa, Wayne, het vir haar opgekom deur die artikel af te maak as nonsens. “Sy het ‘n loopbaan gehad nog voor sy vir Michael ontmoet het. Sy’t selfs haar werk opsygeskuif om hom in Londen te ondersteun. Sy is nie by hom oor die kollig nie, sy’t hom nie daarvoor nodig nie,” het haar pa gesê.

Phelps en Rossee het in Februarie by ‘n klub in Las Vegas ontmoet en hulle is sedertdien saam. Hoewel Michael meer diskreet met sy verhouding omgaan, het Rossee al ‘n paar foto’s en twiets op haar Twitter-blad laat glip.

Rossee het op 28 Julie ge-twiet:
this probably will get lost in your tweets but since i cant text i miss you and cant wait to spend time with you for real xo”