Het jy gehoor?

Die vrou wat bewys het jy’s nooit te oud om jou droom te bereik nie

Sy was uitgeput en opgeswel toe dié pensioenaris op die strand gestrompel het. Diana Nyad het 177 km geswem.

Haar tong en lippe was opgeswel weens die sout van die seewater en haar gesig is sleg verbrand. Sy was vir 53 ure in die see sonder enige slaap. Sy het die hele tydperk nie eers aan iets vasgehou nie.

Diana Nyad

Dit was Diana se droom om tussen Kuba en Florida sonder beskerming teen haaie te swem – iets wat geen ander atleet al gedoen het nie. Dit was haar vyfde probeerslag – haar eerste probeerslag was 35 jaar vantevore. Swemmers probeer al sedert 1950 om hierdie afstand te swem, maar niemand het dit al sonder hulp reggekry nie.

In die video hieronder kan ons sien hoe uitgeput hierdie langafstandswemmer is. Sy sê die 3 goed wat sy geleer het, is:

  • Moet nooit opgee nie
  • Jy is nooit te oud om jou droom te verwesentlik nie
  • Dit was ‘n spanpoging

Gelukwensings het van oral ingestroom, selfs van die Amerikaanse president Barack Obama en Hillary Clinton.