Het jy gehoor?

Die wêreld se mooiste man – FOTO

Die “perfekte gesig” bestaan blykbaar uit George Clooney se grys hare en David Beckham se baard, berig The Telegraph.

Ná ’n meningspeiling deur die Crown-kliniek, ’n oorplantingsentrum in Manchester, is die sogenaamde “perfekte mansgesig” saamgestel.

Vir mans bo 30

George Clooney se grys hare en sokkerster David Beckham se baard is volgens die meningspeiling gesogte kenmerke. Ook Bradley Cooper se blou oë, die model David Gandy se hoekige kakebeen en Brad Pitt se neus.

perfekte gesig

FOTO: Ferrari via The Telegraph

Dr. Asim Shahmalak, ’n chirurg by dié kliniek, sê baie mans kom in vir haaroorplantings en sê hulle wil David Beckham of George Clooney se hare hê. Die kliniek doen deesdae 25% meer haaroorplantings nadat celebs soos Robbie Williams en die sokkerspeler Wayne Rooney gesê het hulle het al die prosedure ondergaan.

Vir mans onder 30

Die prentjie lyk bietjie anders vir jonger mans: ’n Deurmekaar kapsel soos Harry Styles s’n, Zac Efron se oë, Fifty Shades of Grey-akteur Jamie Dornan se neus, Ryan Gosling se kakebeen en Robert Pattison se stoppelbaard is die kenmerke wat die respondente die aantreklikste gevind het.

perfekte gesig

FOTO: Ferrari via The Telegraph

Wat dink jy? Stem jy saam? Wat is die eienskap wat jy eerste oplet as jy ’n man sien? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

Bron: The Telegraph