FOTO IAAF

FOTO IAAF

#SARIEsport

Die wêreld se oë is op Caster!

Dit is nie net Suid-Afrikaners wat die ene afwagting is om vandag die 800 m-atleet Caster Semenya se resies te sien nie – die hele wêreld kyk saam!

Caster sal in die tweede ronde van die uitdunne om 16:02 SA tyd hardloop. En dié keer hoop talle vir goud.

Caster, wat in 2012 by die Olimpiese Spele in Londen ’n silwer medalje verower het, is vanjaar die gunsteling om met die goue medalje weg te hardloop.

Maar die wedloop is nie ál rede waarom die wêreldmedia op Caster fokus nie. Weens haar natuurlike hoë testosteroonvlakke is Caster se deelname aan die Olimpiese Spele een van die grootste onderwerpe waaroor daar bespiegel word.

Die situasie is so ernstig dat sekuriteitspersoneel haar glo sal vergesel, berig EWN. Caster sal ook geen onderhoude met die media voer tot moontlik ná die eindronde wat Saterdag plaasvind nie.

Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, het reeds Suid-Afrikaners aangemoedig om Caster te ondersteun op sosiale media deur die hutsmerk “hands off Caster” te gebruik.

Voorspoed, Caster!

Lees nou

Sunette skud spoke van vorige Spele af

Zola Budd oor dáái val van 32 jaar gelede

‘Le Clos’e huil nie…’