sk0904riebeeck041
Het jy gehoor?

Die wonder van kappertjiebessies

Wat is dit?
Die wonder van die natuur . . . As jy al ooit gewonder het waar kappertjiesaad (capers) en kappertjiebessies (caper berries) vandaan kom, hoef jy net te kyk na hierdie delikate wit blom. Kappertjiesaad is die groen uitloopsels van die kapperbos, wat gepluk en gepekel word voordat die blom ontwikkel. Dan die mooi wonder: As jy die blombloeisels toelaat om te ontwikkel, sal jy uiteindelik kappertjiebessies kry. Want húlle is eintlik die vruggies van die kapperbos, en ontwikkel uit die pienk meeldrade (sien foto).

 

Wat is die verskil?
Kappertjiesaad en -bessies word albei gepekel, maar verskil in grootte en smaak. Kappertjiesaad is baie meer sout-suur en werk veral goed saam met vis, kos met ‘n tamatiebasis, pizzas en souse. Kappertjiebessies word aan die steel verkoop en is groter en minder pikant. Hulle is gewild in tapas, mezze en slaaie.

 

Waar?
Koop albei gebottel by Woolworths, Pick n Pay, Spar, Checkers en uitsoek-deli’s.

 

Bron: http://www.specialtyfood.com/do/news/ViewNewsArticle?id=161