FOTO: Instagram khloekardashian

FOTO: Instagram khloekardashian

Het jy gehoor?

Dieet onthul: Alles wat Khloé Kardashian in een dag eet

Die realiteitster Khloé Kardashian se kurwes haal gereeld opskrifte en nou wys sy vir jou hóé sy dit kry! In haar nuwe boek, Strong Looks Better Naked, wat tans op die rakke is, praat sy onder meer oor haar gewigverlies en positiewe lewensuitkyk, berig Hello!.

In dié boek, wat reeds soos soetkoek verkoop, word haar daaglikse dieet ook onthul.

A photo posted by Khloé (@khloekardashian) on

Khloé se kosinname op ’n tipiese dag: 

5:00 – Glas water en ’n koppie swart koffie

8:00 – Glas water, hawermout, en ’n proteïen-skommel

Happie – ’n Appel met grondboontjiebotter of vrugte en neute

Middagete – Chinese hoenderslaai (met wortel, kool en neute)

15:00 Glas water met vrugtestukke en tuisgemaakte hoemoes met opgekapte groente en edamame-bone

Ligte aandete – Glas water, gestoomde groente en vis

Laaste happie –  Griekse-styl jogurt

Khloé eet beperkte hoeveelhede koolhidrate en suiwelprodukte en hoop dat haar gesonde leefwyse lesers sal inspireer om hul innerlike én uiterlike skoonheid te bevorder.

Die 31-jarige bruinkop neem gereeld foto’s van haar oefeninge in die gim. Volgens Cosmopolitan is ’n weergawe van Beyoncé se “XO” een van haar gunsteling-liedjies om te luister terwyl sy oefen.

A photo posted by Khloé (@khloekardashian) on

Bronne: Hello! en Cosmopolitan

Lees ook 

ZZZ

Skryf HIER vir dié kompetisie in