cat mood pixabay
Het jy gehoor?

Dier-baar : Raad vir ‘boelie’-katte

Bring ’n nuwe kiets in jou huishouding en jy gaan waarskynlik probleme optel! Hier is ’n paar lekker wenke om jou te help.

As een aggressief optree, sit hom in ’n vertrek met water, kos en sand. Laat die slagoffer toe om vrylik rond te beweeg. As jy meer as twee katte het, groepeer hulle volgens persoonlikheid. Maar hou Kwaaitjie eenkant. Laat hom net onder toesig uitkom en maak hom met die eerste teken van aggressie weer toe. Jy kan selfs ’n klokkie om sy nek hang sodat die ander katte altyd weet waar hy is.

Gebruik ook belonings om jou kat-kinders aan mekaar gewoond te maak wanneer hulle saam is, soos snoephappies of borsel-bederfies. Moet Kwaaitjie nie fisiek straf nie, dit maak hom net meer boos.

Lees nou: