FOTO: Unsplash (Fabian Blank)

FOTO: Unsplash (Fabian Blank)

Het jy gehoor?

Dinge om te doen die naweek voor betaaldag

Die 25ste is Maandag en daar is geen manier dat jou salaris vroeër in jou rekening gaan beland nie. In hierdie stadium hoop jy niemand in die kantoor vra wat jou naweekplanne is nie. Jy het ook al probeer vergeet van jou middagete sodat jy dit vanaand kan eet. Maandag lyk ver . . .

Hier is ons 6 wenke om deur dié naweek te kom.

via GIPHY

1. Skep ’n romantiese aand: Spaar krag en steek liewer kerse aan. Jou oplossing vir kos? Lees punt 6.

2. Loop (of ry as jy petrol het) na die koffiewinkel wat gratis Wi-Fi het. Sit gemaklik op die sypaadjie en geniet die internet.

3. Pak jou kas reg. Winter is om die draai (in die Kaap storm dit die naweek reeds!) en dis dalk ’n goeie idee om nou al jou truie in jou rakke te pak.

4. Maak jou beursie skoon en gooi April se strokies weg. Kry jou kop reg vir Mei. Sê: “Mei gaan ek beheer neem van my finansies. In Mei gaan ek geld hê vir die laaste naweek van die maand”. Herhaal.

5. Lees daai boek wat in jou boekrak na jou staan en loer. Onthou, boeke maak jou slim!

6. Herman Lensing meen sy gunsteling-gereg is slaptjips en konfyt op wit brood. Jy het reg gelees – sáám op die brood.

 

As jy dié naweek oorleef, welgedaan!

via GIPHY