Het jy gehoor?

Dinosourusse en jogurt!

Dis nie aldag dat ’n mens die kans kry om opgewonde te raak oor ’n dinosourus nie. Maar Vrydag was só ’n dag in SARIE se Johannesburg-kantoor.

Net Woensdag het ons ’n persverklaring gekry wat sê Danone Clover se Danino-jogurt is onlangs in die jogurt-kategorie as Produk van die Jaar aangewys. En daar kom klop Dino die Dinosourus aan ons deur met ’n bakkie jogurt vir ons elkeen!

In ons harte bly ons maar kind, want almal het dadelik vanagter hul rekenaars opgestaan om Dino in sy groen pak te groet en ’n groot dinosourus-druk te gee. Mariska van Rooyen, SARIE se skoonheidsredakteur, het sommer nadergestaan vir nóg ’n druk. Toe’s dit tyd vir foto’s. Dino en Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, het vinnig hul vingers deur hul kuiwe getrek, en die res van ons het lipstiffie aangesit (hoe dan anders?).

Ai, maar lekker om soms net weer kind te wees . . .

Product of the Year, wat in 20 lande wêreldwyd aktief is en al 22 jaar bestaan, is die grootste internasionale organisasie gemik op innovasie en gehalte in verbruikersprodukte (FMCG). Volgens die besturende direkteur van die organisasie in SA, Preetsh Sewraj, weet hy self as verbruiker hoe moeilik dit is om gehalte-produkte in oorvol supermarkte te vind. Nou sal verbruikers deur die rooi Product of the Year-stempel sien watter produkte deur 5 000 Suid-Afrikaners as die beste van die bestes gekies is.

* Danino is ’n kinderjogurt wat noodsaaklike voedingstowwe soos vitamien D bevat, nodig vir onder meer beengroei. – Michélle van Breda