johngalliano
Het jy gehoor?

Dior dank John Galliano af

Die voorval het in Parys, Frankryk, plaasgevind, en in die video sê hy onder meer dat hy mal is oor Hitler en dat mense soos die paartjie waarmee hy gepraat het, dood sou gewees het as Hitler se planne uitgewerk het. Hy het ook gesê dat hulle ouers en voorouers vergas sou gewees het.

Galliano is Dinsdag ingevolge Dior se beleid oor diskriminasie en rassisme afgedank. Volgens Franse wetgewing is dit teen die wet om rassistiese of anti-Semitiese kommentaar te lewer. 

Natalie Portman, wat Sondagaand die Oscar gewen het vir beste aktrise in Black Swan, is ‘n Jood en ook die gesig van Dior se Miss Dior Cherie-parfuum. Sy het in ‘n mediaverklaring gesê sy is geskok oor die uitlatings deur Galliano. “As ‘n Jood wat trots is op my geloof, wil ek op geen verdere wyse met Mnr. Galliano vereenselwig word nie.” Sy het ook gesê dit moet dien as ‘n waarskuwing aan ander wat diskrimineer teenoor ander gelowe en rasse as hul eie.  

Daar is nietemin ook diegene wat aan John se kant is en hoop die hele petalje waai oor. Giorgio Armani het gesê hy voel jammer vir Galliano. En Franca Sozzani, die redakteur van die Italiaanse Vogue, sê sy glo hy is uitgelok om so uit te bars.

Sidney Toledano, uitvoerende direkteur van Christian Dior, het egter gesê: “Ek veroordeel wat John Galliano gesê het ten sterkste. Dit is regstreeks in teenstelling met die kernwaardes en alles waarin ons as modehuis glo.”

Nog van die wêreld se top-ontwerpers wat die afgelope jare die wenkbroue laat lig het, is Marc Jacobs wat in ‘n rehabilitasiesentrum opgeneem is. Hy het onder andere vir Louis Vuitton gewerk. Calvin Klein het al in die openbaar erken hy gebruik dwelms, en ook Yves Saint Laurent het sy lewe lank ook maar sy op- en aftye gehad. Die selfmoord van Alexander McQueen verlede jaar het ook die modewêreld geskok.

Die Paryse Modeweek, waar Dior se nuutste winterreeks bekend gestel word, begin die naweek en dit gaan voort presies soos dit beplan is.

Bronne: www.nytimes.com

www.vogue.co.uk

  • ueqgvrjy

    mraAE3 fjqrqkqmdbwn, [url=http://rixgdfnjslps.com/]rixgdfnjslps[/url], [link=http://nppzjrvydvwa.com/]nppzjrvydvwa[/link], http://rshvlobfmnuq.com/