FOTO Jon Kopaloff/FilmMagic

FOTO Jon Kopaloff/FilmMagic

Het jy gehoor?

Dis die wêreld se perfekte en mooiste gesig!

Party mense begeer Angelina Jolie se lippe en ander smag na die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, se kuiltjies. In die wêreld van plastiese chirurgie kry dokters dikwels die vreemdste versoeke vir die perfekte gesig.

Dr. Stefan Rawlins, ’n plastiese chirurg van Pretoria, sê hy het al versoeke ontvang van vroue wat soos Victoria Beckham wil lyk.

“Maar gewoonlik verduidelik ek vir ’n pasiënt dat elke prosedure net jou eie skoonheid gaan beklemtoon, jy kan fisiek nie soos iemand anders lyk nie. Jy is jy,” vertel dr. Rawlins aan SARIE.com.

Maar die Britse plastiese chirurg dr. Julian de Silva het die perfekte gesig ontwerp wat bestaan uit ’n kombinasie van 1 000 van sy vroulike pasiënte se versoeke oor die jare. Die resultaat? Kate Middleton se koninklike neus, Angelina Jolie se wangbene, Selena Gomez se ken, Penélope Cruz se lippe en Keira Knightley se oë.

Só lyk sy perfekte gesig:

landscape-1472728197-plastic-surgery-1

FOTO Julian de Silva

Maar hierdie gesig lyk vir ons bekend! Dit lyk vir ons presies soos die Kanadese aktrise en voormalige The Vampire Diaries-ster, Nina Dobrev.

FOTO CW / Vampire Diaries

FOTO CW / Vampire Diaries

Die “perfekte gesig”, stukkie vir stukkie:

Wenkbroue – Jennifer Lopez

Voorkop – Miley Cyrus

Oë – Keira Knightley

Neus – Kate Middleton

Wangbene – Angelina Jolie

Kakebeen – Cher

Ken – Selena Gomez

Lippe – Penélope Cruz

Volgens dr. De Silva is dit veral Kate se neus wat in aanvraag is, omdat dit wiskundig perfek is. Vroeër vanjaar was hy ook die plastiese chirurg wat die aktrise Amber Heard se gesig as die natuurlikste en mooiste bestempel het – lees meer hier.

Is dít vir jou ’n mooi gesig?

  • JA
  • NEE

Bronne: Esquire, Independent

Lees nou

Satyn-kussingslope hou jou jonk

Prinses Charlotte se eerste toer

Kyk wat het Victoria Beckham aangevang!