Melissa voordat sy gewig verloor het FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Dís hoe Melissa McCarthy 20 kg verloor het

Die gewilde aktrise Melissa McCarthy was nog nooit skaam vir haar gewig nie, maar het besef sy moet gewig verloor ter wille van haar gesondheid en haar kinders. Star berig hoe sy dít reggekry het.

Die 44-jarige ster van flieks soos Bridesmaids en Heat het haar loopbaan gebou op die feit dat sy nie rietskraal is nie. Maar vir gesondheidsheidsredes het sy 20 kg afgeskud met die hulp van ’n hoë-proteïen-lae-koolhidraat-dieet. Sy weeg blykbaar nou 99 kg.

’n Vriend het aan die tydskrif gesê Melissa het met klein veranderinge begin, maar sy het vinnig groot resultate gesien.

Melissa, wie se niggie die Playboy-model en aktrise Jenny McCarthy is, eet blykbaar minder pasta en brood. Maar sy laat die dieet nie haar lewe oorneem nie.

“Melissa weet haar aanhangers hou van haar omdat sy groot en mooi is, sy is nie obsessief oor dieet nie,” sê die bron. “Sy soek ’n middeweg.”

En dis glo nie die druk van Hollywood wat haar die gewig laat verloor het nie, maar eerder dat sy om haar kinders se onthalwe nou gesonder wil wees en langer wil lewe.

Melissa is getroud met die akteur Ben Falcone en die egpaar het 2 kinders, Georgette (4) en Vivian (7).

Bronne: Star en Daily Mail

Lees nou