Gallo Images / Getty Images

Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Dís hoekom Hugh Jackman nie saam met Angelina Jolie mag werk nie

Hugh Jackman se vrou, Deborra Lee-Furness, het tydens ’n onlangse onderhoud gesê dat haar man nie saam met Angelina Jolie mag werk nie, berig E! online.

“Ek het al vir sy agent gesê dat hy nie toegelaat word om met Angelina te werk nie,” het Deborra tydens dié onderhoud gesê.

Sy  het gelukkig net ’n grap gemaak en vinnig bygevoeg: “Ek is seker dat sy [Angelina] lieflik is.”

FOTO: Instagram thehughjackman

FOTO: Instagram thehughjackman

Die akteurspaar wat vanjaar 20 jaar getroud is, is gevra wat die geheime resep tot hul verhouding is. Deborra het gesê as jy die regte lewensmaat kies, is die uitdagings makliker.

Hugh het bygevoeg dat sy vrou se twee-week-reël ook positief tot hul verhouding bygedra het. Dié twee bly nooit langer as twee weke uitmekaar nie.

Lees nou