vogue_uk_march_2013_cara_delevingne_cover
Het jy gehoor?

Dís hoekom jou wenkbroue jou belangrikste gelaatstrek is

Jou oë mag die vensters van jou siel wees, maar Harper’s Bazaar berig dat dit dalk nie jou belangrikste gelaatstrek is nie. En alhoewel wenkbroue en wimpers dieselfde doel dien (dis ’n beskermende meganisme wat stof, sand en sweet uit jou oë hou), kraai welige wenkbroue koning as dit by gelaatstrekke kom.

Die model Cara Delevingne se wenkbroue, wat ook hul eie Twitter-profiel het, maak gereeld opslae en ’n Buzzfeed-artikel wat bekendes wys sonder wenkbroue, het soos ’n veldbrand oor die internet versprei

Wat maak wenkbroue dan só spesiaal?

Kry só die perfekte wenkbroue

Volgens Yahoo! Health het ’n onlangse studie aan die Universiteit van Lethbridge in Kanada bevind dat wenkbroue belangrik is vir “emosionele uitdrukking en gesig-erkennig”.

Navorsers het 25 foto’s van bekendes sonder wenkbroue en oë aan deelnemers gewys. Hulle kon 56% van die celebs sonder oë identifiseer en slegs 46% celebs sonder hul wenkbroue identifiseer.


Bronne: Yahoo! Health en Harper’s Bazaar

Lees ook