FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Dís hoekom Kate Middleton nie meer wighakke dra nie

Kate Middleton, die hertogin van Cambridge, wat vroeër wighakke in die kollig geplaas het, word nou nooit meer met dié skoene gesien nie.

Die rede? Sy is verbied om dit te dra! Vanity Fair berig op hul webblad dat koningin Elizabeth glad nie van wighakke hou nie en vir Kate aangespreek het daaroor. Sy glo dit lyk lomp en pas nie by koninklikes nie.

Kate se geheim om grasieus te lyk in hoëhakskoene, soos onlangs by die doop van prinses Charlotte, is binnesole. Sy maak staat op Alice Bow-sole en ondersteun al geruime tyd dié Londense handelsmerk, wat van Italiaanse leer gemaak word.

Bron: Vanity Fair

Lees ok