FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Dís hoekom Kate Winslet sosiale media in haar huis verban

Die bekroonde aktrise Kate Winslet glo sosiale media beïnvloed vroue se selfbeeld, daarom word haar kinders nie toegelaat om dié platforms te gebruik nie, berig The Sunday Times

Sy glo mense kan afhanklik raak van ander se goedkeuring op die internet, en dit kan onder meer eetversteurings tot gevolg hê.

Volgens People sê die 40-jarige blondine ouers moet eerder boomklim en bordspeletjies deel van hul kinders se lewe maak. Kate gesels gereeld in die media oor die belangrikheid dat kinders gemaklik in hul eie vel moet wees en ‘n gesonde selfbeeld moet hê en sosiale media gaan dít, volgens haar, nie aanhelp nie.

Kate het drie kinders: Mia (15), Joe (11) en Bear (22 maande). Sy en haar man, Ned Rocknroll, is in 2012 getroud. Haar twee oudste kinders is uit twee vorige verhoudings gebore.

Bronne: People en The Sunday Times 

Lees ook 

ZZZ

Lees HIER vir meer inligting