Het jy gehoor?

Dís hoekom Lady Gaga nie meer vreemd aantrek nie

Lady Gaga het al telkemale die wenkbroue laat lig op die rooi tapyt. Hoe sal ons ooit haar uitrusting van repe vleis, óf die een van hare, vergeet? Maar deesdae trek sy heeltemal normaal aan. Sy het aan Vogue vertel waarom sy nie meer so vreemd aantrek nie. 

“Toe ek innerlike vrede gevind het, het ek begin om meer glansryk aan te trek. Ek sal nie sê my styl het verander nie. Ek sal eerder sê dat ék verander het,” verduidelik Gaga.

Die 27-jarige New Yorker is die afgelope tyd in verskeie vroulike uitrustings gekiek. Haar sigbare make-under laat ons wonder hoe haar trourok gaan lyk! Gaga is verloof aan die aantreklike akteur Tayler Kinney.

Bron: Vogue

FOTO: Instagram ladygaga

FOTO: Instagram ladygaga

FOTO: Instagram ladygaga

FOTO: Instagram ladygaga

FOTO: Instagram ladygaga

Lees ook