Het jy gehoor?

Dís hoekom Prinses Charlotte nie rokke dra nie

Behalwe vir die pragtige dooprok wat prinses Charlotte vroeër vanjaar aangehad het, dra sy nog nie rokke nie, berig People

FOTO: Facebook The British Monarchy

FOTO: Facebook The British Monarchy

Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, se voorste kinderklere-ontwerper, Rachel Riley, sê die vyf maande oue prinsessie sal eers ná haar eerste verjaardag begin om rokke te dra. Sy verduidelik dat die koninklike familie baie tradisioneel is, daarom dra Charlotte vir eers babapakkies.

Volgens Hello! het Rachel die replika van die geskiedkundige koninklike dooprok gemaak, asook die skattige wit-en-rooi pakkie wat prins George by Charlotte se doop aangehad het.

FOTO: Mario Testino Instagram KensingtonRoyal

FOTO: Mario Testino Instagram KensingtonRoyal

Rachel sê die Cambridge-gesin se klere-keuses is altyd relevant en modern, hulle sit nooit ’n modevoet verkeerd nie.

Bronne: People en Hello!

Lees ook