FOTO: Instagram @kimkardashian

FOTO: Instagram @kimkardashian

Het jy gehoor?

Raai hoeveel weeg Kim Kardashian?

Dis maar in ons aard om nuuskierig te wees oor ander se gewig. Reg of verkeerd – ons wil weet. Soos die meeste dinge in Kim Kardashian se lewe, hou sy ook haar gewig nie privaat nie. 

Sy het op Snapchat bekend gemaak dat sy op die oomblik 139.6 pond weeg, dis sowat 63 kg. En sy moet nog net ’n paar kilo’s afskud voordat sy haar pre-swangerskapgewig van 61 kg bereik.

En as jy wonder, sy is glo 1,59 m lank. Dié foto van haar en supermodel Naomi Campbell is gister geneem.

Verlede maand het die 35-jarige celeb aangekondig dat sy al 19 kg verloor het ná Saint se geboorte in Desember verlede jaar.

As jy haar op Snapchat volg, sal jy weet dat dié gewigsverlies te danke is aan ’n streng dieet en oefenprogram.

In die Snapchat-video sê sy hoe moeilik dit is om vroeg te gaan oefen ná sy die aand ’n paar keer moes opstaan om Saint te versorg. Enige ma ken die pyn van min slaap!

(As jy nie op Snapchat is nie, kan jy steeds vir Kim op hierdie platform volg.)

Lees nou

30 Maart 2016 – die dag toe feminisme gesterf het?

Kim Kardashian se gróót modeflater – só vermy jy dit

Oorgewig en depressief – toe vind sy joga