kate en william
Het jy gehoor?

Dís Kate en William se begroting per jaar

Die Britse koningshuis het in ’n verklaring hul jaarlikse begroting bekend gemaak, berig People.

Van die R680 miljoen ($56,2 miljoen) wat die koningshuis in 2014/2015 bestee het, het Kate Middleton, prins William en prins Harry, gesamentlik R55,6 miljoen gekry. Met dié begroting moet hulle onder andere Kensington-paleis bestuur, en hul privaat sekretarisse en publisiteitsagente betaal. Hul amptelike klere word ook uit dié begroting aangekoop.

Kate se klerebegroting is nie in dié dokument uiteengesit nie. Haar en prins William het ongeveer R1,6 miljoen spandeer op reiskostes, en prins Harry net minder as dit. Wanneer die koninklikes ander lande amptelik besoek, betaal die gasheerland dié uitstappie, só die bedrag sluit hul amptelike besoeke na Nieu-Seeland, Australië en New York uit.

Die begroting sluit ook die persoonlike personeel soos huishoudsters en kinderoppassers by hul huis in Anmer Hall uit. Die instandhouding van dié eiendom, wat hulle as geskenk van William se ouma, koningin Elizabeth, ontvang het, word ook nie uit bogenoemde begroting betaal nie.

In 2012 was Kate se begroting vir haar klerekas R665 000!

Watter klere sal jy alles met daardie begroting wil koop?

Bron: People

Lees nou