kylie jenner
Het jy gehoor?

Dís Kendall Jenner se nuwe liefde

Die realiteitster en model Kendall Jenner is verlief! US Weekly berig dat sy en die sanger Nick Jonas ’n paartjie is. 

A photo posted by @nickjonas on

’n Ander paartjie na aan hulle is glo verantwoordelik vir dié nuwe romanse. Die model Gigi Hadid en Joe Jonas (Nick se broer) het die twee aan mekaar voorgestel.

Dit was egter nie so ’n onbaatsigtige daad nie: “Gigi sien nou vir Kendall meer gereeld. Sy dink dit sal pret wees as hulle almal saam tyd spandeer,” het ’n bron verduidelik.

Volgens E! Online is die besige glanspaar se verhouding “baie nuut” en hulle neem dit stadig aan die begin.

Nick en die beeldskone skoonheidskoningin Olivia Culpo het hul verhouding slegs twee maande gelede geëindig.

Bronne: US Weekly en E! Online

Lees ook