FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Dis ’n dogter vir Mila Kunis en Ashton Kutcher

Die akteurspaar Mila Kunis (31) en Ashton Kutcher (36) se eersteling is gebore. People berig dat hulle nou die trotse ouers van ’n dogter is.

Die paartjie het in Februarie verloof geraak en in Maart aangekondig dat hulle hul eersteling verwag. Sy het ook aan Ellen DeGeneres op haar program vertel dat sy die baba sonder ’n epiduraal in die wêreld wil bring.

Ashton was stiefpa vir sy eksvrou, Demi Moore, se drie kinders Rumer (25), Scout (22) en Tallulah (20).

Ashton Kutcher en Mila Kunis FOTO: Instagram (@kunismilena)

Ashton Kutcher en Mila Kunis
FOTO: Instagram (@kunismilena)

Ashton en Mila het jare gelede saam op That 70’s Show gespeel, maar hul vriendskap het eers romanties geword ná Ashton en Demi uitmekaar is.

Ons kan nie wag om dié pienkvoet te sien nie. Met sulke gene kan sy net pragtig wees!

Bron: People

Lees ook