FOTO: Twitter  @mikefisher1212

FOTO: Twitter @mikefisher1212

Het jy gehoor?

Dis ’n seun vir Carrie Underwood

Die American Idol Carrie Underwood het Vrydag haar eerste kind saam met haar man, die hokkiespeler Mike Fisher, verwelkom, berig Huffington Post.

Carrie het op Instagram die geboorte bevestig en haar eersteling, ’n seuntjie, se naam bekend gemaak: Isaiah Michael Fisher.

Carrie en Mark het verlede jaar die swangerskap aangekondig deur vir hul hondekinders, Ace en Penny, truie aan te trek waarop daar staan dat hulle nou ouboet en ousus gaan wees. Carrie het daarby geskryf sy en Mike is baie gelukkig oor dié nuus. 

Mike het dié snaakse foto gedeel – sekerlik hoop hy sy eersteling sal in sy voetspore volg.

Dié 31-jarige ster en haar 34-jarige atleet-man het in 2010 getrou.

Bronne: Huffington Post