Ashton Kutcher en Mila Kunis
FOTO Instagram (@kunismilena)

Ashton Kutcher en Mila Kunis FOTO Instagram (@kunismilena)

Het jy gehoor?

Dis ’n tweeling vir Ashton en Mila

Die bekende Hollywood-paartjie Ashton Kutcher en Mila Kunis het vroeër aangekondig hulle verwag baba nommer 2.

Maar nou berig Life & Style dat dit eintlik baba nommer 2 én 3 is!

Die paartjie is glo baie opgewonde om hul hul dogter, Wyatt (20 maande), nóg twee maatjies te gee.

Tweelinge is in die Kutcher-gene, so dié nuus was geen verrassing vir die That 70’s Show-paartjie nie. Ashton, 38, het self ’n tweelingbroer, Michael.

Tweelinge is natuurlik deesdae glad nie meer so ongewoon soos voorheen nie. Vandat ander maniere vir bevrugting soos in vitro (IVB*) en die gameet-oordragmetode (GIFT**) beskikbaar is, is dit baie meer algemeen.

*Wat is in vitro-bevrugting? (IVB)

Dit beteken letterlik ‘‘bevrugting in glas’’, ’n verwysing na die proefbuis, vandaar die term ‘‘proefbuisbaba’’. Jy kry hormoonbehandeling om die ontwikkeling van talle eierselle van goeie gehalte te stimuleer. Die eierselle, so groot soos ’n speldepunt, word met behulp van ’n sonarbeeld in die eierstokke opgespoor. Dit word dan met ’n spesiale naald via die vagina geoes.

Die eierselle word in ’n laboratoriumbakkie met spermselle bevrug. Een of meer embrio’s (bevrugte eierselle) word daarna in die baarmoeder geplaas, waar dit ontwikkel en groei. Dit word met ’n klein, buigbare plastiekbuisie via die serviks gedoen en is ’n taamlik eenvoudige, nie-ingrypende prosedure – dit voel baie soos ’n Papsmeer.

**Wat is gameet-oordrag (GIFT)?

Eierselle word soos met IVB geoes. Die sperm- en eierselle word dan laparoskopies in die Fallopius-buise geplaas. Bevrugting vind in die buis plaas en die embrio beweeg daarvandaan na die baarmoeder. Jy kry narkose en ’n klein snytjie vir die laparoskoop (’n buisvormige kykbuis) word gewoonlik naby jou naeltjie gemaak. Omdat dit ’n chirurgiese prosedure is, is dit duur en daar kan komplikasies wees.

Bronne: Life & Style, Aevitas

Lees nou

Mila Kunis en Ashton Kutcher is swanger!

Karlien binnekort gestrand in die Seychelle

Aktrise Katherine Heigl is swanger!