Blake Lively en Ryan Reynolds FOTO Getty Images for L'Oréal Paris

Het jy gehoor?

Dis toe ’n dogtertjie!

Die Hollywood-paartjie Blake Lively en Ryan Reynolds het vroeër dié maand die tweede keer ouers geword. Hulle het nog nie die naam verklap nie, maar Ryan het gister die geslag van hul baba op Twitter bekend gemaak – dis ’n dogtertjie!

Blake en Ryan se eersteling is ook ’n dogtertjie en haar naam is James.

Kyk wat het Ryan getwiet:

Ryan het onlangs ’n groepfoto gedeel waarop Blake straal van geluk.

Blake en Ryan se mooiste oomblikke op die rooi tapyt