FOTO: Getty Images / Gallo Images

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Het jy gehoor?

Dis tweeling-seuns vir Zoe Saldana

Die 36-jarige aktrise Zoe Saldana gaan binnekort die lewe skenk aan tweeling-seuns, berig E! Online.

Zoe is deur haar vriendin en mede-ster van Crossroads, Britney Spears, voorgespring toe Britney verklap het dat Zoe ’n tweeling verwag. Lees hier hoe Britney die aap uit die mou gelaat het.

E! Online beweer nou dat Zoe en haar man, die Italiaanse kunstenaar Marco Perego, binnekort die ouers van twee seuntjies gaan word.

Hier is Zoe met haar baba-magie op die rooi tapyt saam met Marco (heel regs).


Zoe en Marco het verlede jaar in ’n geheime seremonie getrou, net maande na haar verhouding met akteur Bradley Cooper geëindig het.

Bron: E! Online

Lees ook