Het jy gehoor?

Dis Vrouedag (en die manne is ook welkom …)

Dis tyd vir die 24 440 000 vroue van SA om fees te vier!

En met goeie rede: 53 jaar gelede het die stemme van 20 000 vroue opgeklink by die Uniegebou in Pretoria teen die paswette. Slegs vier vroue was die krag daaragter, en vandag vier ons dit. Woolworths herinner ook dat die eerste mens wat ooit twee Nobelpryse gewen het, ‘n vrou was.

Hier’s ‘n paar idees:

  • Maak geraas saam met die vroue van 1st for Women Versekering. Hulle vra alle vroue om saam met hulle op 7 Augustus om 12h00 te gil, fluit en spring om Vrouedag te vier. Span sommer die vuvuzela in as jy kan!
  • Jy kan ‘n gratis koppie koffie by Wimpy kry as jy op 10 Augustus daar aandoen. (En manne, julle ook, mits julle in vroueskoene opdaag …)
  • As ‘n sjokolade-bederf jou tipe bederf is, moenie die Vrouedag High Tea by die Mount Nelson in Kaapstad misloop nie. Hulle Lindt-sjokolade middagtee met koeke, petit fours, truffels en borde vol ander soetgoed is mos propperse bederf! Daagliks tussen 14h30 en 17h30 (teen R150 per persoon).

Lees meer oor die geskiedenis van Vrouedag.

Vertel ons van jóú Vrouedag