FOTO: Instagram hillaryclinton

FOTO: Instagram hillaryclinton

Het jy gehoor?

Dís wat Hillary Clinton van Kim Kardashian dink

Die Amerikaanse politikus en presidentskandidaat Hillary Clinton is ’n voorstander van vroueregte. Die realiteitster Kim Kardashian is op haar beurt die koningin van selfies. Hoewel dié invloedryke vroue se belange hemelbreed verskil, het hulle net goeie goed oor mekaar te sê, berig Vanity Fair

Hillary is tydens ’n onderhoud deur die Extra-aanbieder Mario Lopez gevra of Kim in haar oë ’n rolmodel is. Sy vertel sy het vir Kim by een van haar fondsinsamelings in Los Angeles ontmoet. Sy glo almal kan op hul eie manier inspirerend wees en dat baie mense Kim sien as iemand wat elke dag sukses najaag.

Kim het duidelik ook hul ontmoeting gekoester tydens ’n fondsinsamelingsgeleentheid vir Hillary se veldtog. Sy het dié foto met haar meer as 46 miljoen Instagram-volgelinge gedeel en dit het vinnig duisende likes gekry.

“Ek het my selfie gekry! Dit was wonderlik om haar te hoor praat en te luister wat haar doelwitte vir ons land is! #HillaryVirPresident,” lees die onderskrif. Hillary het ook dié foto op sosiale media gedeel en “nuwe vriende” onderaan geskryf.

Volgens Business Insider is sowat $1 miljoen (R13,4 miljoen) dié aand ingesamel om Hillary se presidentsveldtog te help.

Bronne: Vanity Fair en Business Insider

Lees ook