Karlien van Jaarsveld is een van die bekendes wat die Reach for a Dream-stigting se nasionale pantoffeldag ondersteun
FOTO: verskaf

Karlien van Jaarsveld is een van die bekendes wat die Reach for a Dream-stigting se nasionale pantoffeldag ondersteun FOTO: verskaf

Het jy gehoor?

Dis weer nasionale pantoffeldag!

Dié jaar ondersteun bekendes soos Karlien van Jaarsveld en Arno Jordaan die Reach for a Dream-stigting op nasionale Pantoffeldag.

Nasionale Pantoffeldag word elke jaar op 1 Augustus gehou om kinders wat terminaal siek is te ondersteun. Jy koop bloot ’n plakker teen R10 by jou naaste Wimpy óf by een van Reach for a Dream se sewe takke landswyd.

Die plakker gee aan jou die reg om môre met jou pantoffels werk toe te gaan en sodoende ook dié organisasie te ondersteun.

10353546_684894334897107_5682749842132260876_n

Gratis koffie

Wanneer jy op 1 Augustus met jou pantoffels en jou plakker by ’n Wimpy instap, kan jy ’n gratis koppie koffie kry.

Die geld wat met nasionale Pantoffeldag ingesamel word, word gebruik om die drome waar te maak van Suid-Afrikaanse kinders wat aan terminale siektes soos kanker lei.

Arno Jordaan met sy groen pantoffels in Wimpy FOTO: verskaf

Arno Jordaan met sy groen pantoffels in Wimpy
FOTO: verskaf

“Ons is seker vanjaar gaan ’n suksesvolle veldtog oplewer sodat ons die stigting se ‘droomkinders’ gelukkig kan maak en hul drome kan bewaarheid,” sê Karabo Morudu, handelsmerkbestuurder van Wimpy.

Die stigting help al vir 25 jaar om siek kinders se drome waar te maak. Besoek hul webblad vir meer inligting.