Het jy gehoor?

Disney-kortfliek benoem vir Oscar

Waaroor gaan dié kortfliek? Dis ’n liefdestorie. ’n Jong New Yorker raak verlief op die meisie wat hy voor werk op die treinstasie ontmoet. Wanneer hy agterkom sy het ’n afspraak in die gebou oorkant sy werkplek, doen hy alles in sy vermoë om haar aandag te kry. Tevergeefs. Wat is die noodlot se plan met dié jong pendelaars?

Regisseur John Kahrs vertel die storie in minder as sewe minute. Nie net het Paperman ’n Annie-toekenning gewen in die kategorie Best Animated Short Subject nie, dis is ook genomineer vir ’n Oscar in die kategorie Best Short Film (animated). Sedert die volledige fliek einde Januarie op YouTube beskikbaar gestel is, het meer as 12 miljoen mense reeds daarna gekyk.

Sal Paperman met ’n goue beeldjie wegstap? Ons gaan maar moet wag en kyk. Kyk self die fliek op YouTube.

Ander nominasies in dié kategorie is:

  • Adam and Dog
  • Fresh Guacamole
  • Head over Heels
  • Maggie Simpson in ‘The Longest Daycare’