Het jy gehoor?

Dít het Amor met haar 67 minute gedoen …

Amor het saam met ander kunstenaars en Jacaranda FM die dag saam met die kinders van Mamelodi deurgebring.

Oor hierdie ervaring het sy getwiet:

Wat ‘n voorreg wanneer jy agterkom jou probleme is nie so groot nie, wanneer jy sien hoe ‘n kind jou bedank vir ‘n pakkie skyfies!

Amor se nuwe styl + sy dra weer ring

Sy het ook ‘n ou foto van haarself en die voormalige staatspresident gedeel op haar Twitter-blad:

 

Kurt Darren, wat steeds in die hospitaal is ná sy motorongeluk, het hierdie portret van homself van Madiba getwiet:

Kurt twiet vanuit hospitaalbed

Wat het SARIE gedoen?

In die SARIE-kantoor het almal bygedra om bederfpakkies vir minderbevoorregte vroue en verkragtingslagoffers te skenk. Van die pakkies gaan na die Rape Crisis-sentrum in Kaapstad.

WAT HET JY GEDOEN? DEEL JOU FOTO’S MET ONS!