foto_12
Het jy gehoor?

Dít het Juanita op haar verjaarsdag gedoen

Juanita du Plessis se man, Doepie, het ‘n goeie voorbeeld vir alle mans gestel – en kán sy vrou se ouderdom ‘n geheim hou! Hy het sy sangeres-vrou, Juanita, op 26 April met ontbyt in die bed bederf vir haar verjaarsdag waarna hulle en die kinders, Ruan (19) en die tweeling Franja en Mario (16), ‘n intieme gesinskuier gehad het.

“Omdat daar gelukkig daardie dag nie skool was nie, kon ons die dag saam deurbring,” sê Doepie.

En met watter geskenk het hy haar bederf? Hy het ‘n skootrekenaar gekoop “wat sy kan saamneem op toere”.

By die kinders het sy onder meer ‘n digitale fotoraam, ornamente vir haar bidkamer en blomme gekry.

“Ons het haar bederf en gewys hoe lief is ons vir haar,” sê Doepie.

Op haar Facebook-blad het sy die volgende oor haar verjaarsdag te sê gehad: “Hoe kan ek ooit vir ‘n beter verjaarsdag gevra het…. Ek is heeldag heerlik bederf! Baie dankie vir al julle pragtige boodskappies en gelukwensing, ek waardeer elkeen se woorde diep uit my hart. Ek dank God vir nog ‘n lewensjaar wat Hy my gespaar het en ek dank Hom elke dag vir ondersteuners soos julle…. Lief julle! x” Sy het meer as 36 000 fans wat haar op dié blad volg.

* Lees verder oor watter 10 dinge Juanita droom.