Het jy gehoor?

Kate se geboorteplan

US Weekly berig dat al die koninklike personeel reeds van die begin van die maand dag en nag gereed staan vir wanneer baba Cambridge sy of haar verskyning maak. “Daar is niks meer oor om te beplan nie, alles is reg en gereed,” het ‘n bron gesê.

Ontmoet William en Kate se viervoetige ‘kind’

Sodra Catherine, die hertogin van Cambrigde, voel die baba wil kom, sal sy haar sekretaresse laat weet. Sy sal dan Kate se dokter, Marcus Setchell, op sy selfoon bel, wat deur die paleis aan hom gegee is. Dié foon is blykbaar gekodeer sodat niemand kan afluister nie. Hy sal dan in sy BMW spring en ‘n flitsende groen lig op sy dak sit en na die St. Mary-hospitaal ry – 11 km van sy huis af.

Met meer as 180 fotograwe en joernaliste wat heeldag en -nag sedert 8 Julie voor die hospitaal uitkamp, sal die hertogin se drywer haar by een van drie ingange van die private Lindo-vleuel aflaai. Haar kamer op die vierde vloer (wat glo $1 500, sowat R15 000, per nag kos) het WiFi en ‘n satelliet-televisie. Dié kamer is op 1 Julie gedisinfekteer en afgeseël. Dit word ook daagliks deur veiligheidswagte gemonitor.

Kate se groot bekommernis: William mis dalk die geboorte

As sy eers veilig in haar kamer is, sal die Paleis aan die media die nuus oordra. As alles volgens plan verloop, sal Kate natuurlik geboorte skenk met William aan haar sy. Die geboorte, gewig en geslag sal in ‘n geraamde kennisgewing by die hekke van Buckingham-paleis onthul word. (Die naam sal op ‘n latere tyd bekend gemaak word – lees meer oor die naam hier.)