Het jy gehoor?

Elma Postma: Blond of brunet?

“Ek sal in my wese altyd blond wees en voel. Tans is my hare tussen die twee kleure, maar aan die einde van 2005 het ek dit báie donker gekleur vir ’n splinternuwe voorkoms. Middel verlede jaar is my karakter Bea in Binneland se hare donker gekleur. As ouer karakter met twee kinders in dié sepie het lang blonde hare te ‘jonk’ gelyk. Donker hare was elke keer vir my ’n geweldige verandering. Mense hanteer my anders op straat. Gewoonlik wanneer ek vir iemand glimlag, glimlag die mens terug. My bruin hare skrik hulle af. Baie mense het gesê dit laat my oë meer uitstaan. Ek voel vrouliker en sagter met blonde hare en het beslis meer pret. Ek dink dis goed om af en toe jou haarkleur te verander. Vroue doen dit beslis deesdae meer, want hulle is meer individualisties, sterker en waaghalsiger as vroeër. Verandering is soms wat jy nodig het om die lewe met nuwe woema aan te pak.” – Elma Postma