Kate en Prins George by sy doop in Oktober 2013 FOTO: Gallo Images / Getty ImagesFOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate en Prins George by sy doop in Oktober 2013 FOTO: Gallo Images / Getty ImagesFOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Dít is Ma Kate se Kersgeskenk vir klein prins George

Die hertogin van Cambridge het nogals ’n sin vir humor! Kyk hier na die oulike geskenke wat sy vir haar eersteling gekoop het vir sy eerste Kersfees.

Volgens Hello! het Kate Middleton dié oulike en snaakse truitjies vir George se eerste verjaarsdag gekoop.

union jack--z guards--zPrins William en Kate beplan om hul eerste Kersfees met George saam met die koningin te spandeer by die tradisionele koninklike Kersete by hul Norfolk-landgoed. Tydens dié geleentheid word daar gewoonlik duidelik aangedui waar wie se presente neergesit moet word – ons het ’n vermoede George se gedeelte gaan oorloop van die geskenke!

Koop jou kinder- en babaspeelgoed aanlyn en vermy die besige winkels! Klik HIER.

Babas

Koningin Elizabeth en prins Philip nooi gewoonlik sowat 30 gaste na dié geleentheid. Op Oukersaand maak die koningin se kleinkinders en agterkleinkinders gewoonlik die Kersboom op waarna die geskenke oopgemaak word. Hierna volg ’n formele ete by kerslig.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Dit gaan prins George se eerste Kersfees wees FOTO: Gallo Images / Getty Images

Op Kersdag gaan die koninklike familie kerk toe en daarna geniet hulle die groot Kersete. Almal sit dan voor die televisie om die koningin se toespraak te kyk wat jaarliks oor die televisie uitgesaai word.

Wat is jou familie se Kerstradisie? Vertel ons! Los kommentaar onderaan dié artikel, deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad, of stuur ’n e-pos aan lucelle.hough@sarie.com.