FOTO Instagram / @kensingtonroyals

Het jy gehoor?

Is dit prins Harry se meisie?

Die enkellopende rooikopprins van harte, prins Harry, het vermoedelik die skoot hoog deur! En dis glo die Amerikaanse aktrise Meghan Markle (35) wat ons hiervoor moet bedank. 

Ja, sy lyk bekend – met rede! Vir die afgelope 5 jaar boer sy op die kassie as die karakter Rachel Zane in die reeks Suits.

Suitors, don’t forget to live-tweet with us tonight using #Suits!

A photo posted by suits_usa (@suits_usa) on

Volgens The Telegraph is hy gek na haar, maar dié keer wil hy sy private lewe beskerm. Prins Harry en Meghan het mekaar glo in Kanada ontmoet toe hy daar was om die Invictus Games te bemark.

Invictus Games is ’n sportgeleentheid vir beseerde of siek oudsoldate. Die geleentheid is in 2014 die eerste keer in Londen gehou, met prins Harry as beskermheer. Die doel is om oudsoldate te motiveer om gesond te word en die lewe ten volle te geniet.

Prins Harry het haar reeds aan sy broer en skoonsus, prins William en Kate Middleton, voorgestel, berig Express UK.

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

Nes prins Harry het sy ’n groot behoefte om ander mense te help. Verlede jaar is sy aangewys as een van die Verenigde Nasies se kampvegters vir vroue.

Sy het ook ’n kop vir besigheid en is ’n entrepreneur wat die leefstyl-webtuiste The Tig bestuur.

Miskien is dit uiteindelik prins Harry se beurt om liefde te vind.

Lees nou

Superma Behati weg met babalyfie

Jy’t nog nooit jou oogomlyner só gedra nie

Miley en Liam ís toe verloof!