FOTO:  Twitter @moniQuetwitt

FOTO: Twitter @moniQuetwitt

Het jy gehoor?

Is dit SA se Oscars-selfie?

Ellen DeGeneres het tydens die Oscars vroeër vanjaar ’n superster-selfie saam met van die grootste name in Hollywood geneem. Dié foto is die foto wat nóg die meeste ge-retweet is.

Sedertdien het verskillende mense al dít probeer namaak (sien hulle foto’s onderaan dié artikel). En nou het die “Pienk Champagne”-sangeres, moniQue, ook háár weergawe getwiet.

Op moniQue se foto is verskillende bekende gesigte soos Andriëtte, Heinz Winckler en Nicholis Louw. Dié kunstenaars is tans by die Absa KKNK op Oudtshoorn.

Wat dink jy? Wie sal op SA se weergawe van die superster-selfie wees?

Ander superster-selfies

Groep-selfies is nie nuut nie, maar dié een van Ellen DeGeneres het die superster-selfie begin …

The Simpsons verskaf ’n rede waarom Homer nie in dié foto was nie …

Die TV-persoonlikheid Jimmy Kimmel en die Clintons

Wetenskaplike Bill Nye saam met die Amerikaanse president Barack Obama en Neil deGrasse Tyson