fireshot_capture_003_alicia_keys_wedding_photo_official_i_alicia_keys_swizz_beatz_just_jared_justjared_buzznet_com_2010_08_02_alicia_keys_wedding_photo_official
Het jy gehoor?

Kyk net wie’s almal getroud in 2010 – Penélope, Robbie, Orlando…

As mens so na al die skelm, nie-so-skelm en koninklike troues van die afgelope paar maande kyk, wil dit voorkom of dit beslis die seisoen vir trou was.

Dit het begin met die koninglike troue van Victoria van Swede en Daniel Wrestling op 19 Julie. Die troue het by die Stockholm Katedraal plaasgevind.

En dit was nie die enigste bloubloed-troue nie. Prins Nikolaos van Griekeland en Tatiana Blatnik het op die romantiese Griekse eiland Spetses op 25 Augustus getrou.

Dan was daar die skelm troues: Penelope Cruz en die aantreklike Javier Bardem het stil-stilin Hawaii gaan trou. Ook in Hawaii was Megan Fox en Brian Austin Green se troue. Hulle het net ses gaste daar gehad.

Orlando Bloom het ‘n paar meisies se harte gebreek deur met Miranda Kerr te trou. Hulle het skaars

SARIE BRUID

Die nuwe SARIE BRUID sal teen 15 September op die rakke wees.

hulle verlowing aangekondig toe kom dit uit hulle is getroud. En die stof het skaars gaan lê, toe sê Miranda sy is swanger.

Na 20-jaar het die Spaanse  sanger Julio Iglesias, Enrique Iglesias se pa, uiteindelik met sy geliefde Miranda Rijnsburger getrou. Sy is die ma van vyf van sy agt kinders. Die troue is in Marbella, Spanje, gehou en net die paartjie se vyf kinders was daar.

Alicia Keys het ook die jawoord gegee. Sy is al ver swanger met Kaseem Dean se kind. Hilary Duff en Mike Comrie, ‘n Amerikaanse hokkiespeler, het ook ewige trou gesweer.

Robbie Williams, wie se honde as strooimeisies gedien het, het met Ayda Field getrou. Dit het omtrent die tonge los gehad.

Die seisoen sal beslis onthou word vir die groot hoeveelheid troues. Miskien was dit iets in die lug?

Robbie Williams en Ayda Field Robbie Williams en Ayda Field
Julio Iglesias en Miranda Rijnsburger Julio Iglesias en Miranda Rijnsburger
Prince Nikolaos van Griekeland en Tatiana Blatnik Prince Nikolaos van Griekeland en Tatiana Blatnik
Victoria van Swede en Daniel Wrestling Victoria van Swede en Daniel Wrestling
Orlando Bloom en Miranda Kerr Orlando Bloom en Miranda Kerr
Megan Fox en Brian Austin Green Megan Fox en Brian Austin Green
Hilary Duff en Mike Comrie Hilary Duff en Mike Comrie
Penelope Cruz en Javier Bardem Penelope Cruz en Javier Bardem

Vir nog bekende troues klik hier.