Het jy gehoor?

Dit wat jy nie van Emo Adams geweet het nie . . .

* Hy drink 15-20 koppies tee per dag. “Ek was baie lief vir koffie, maar het hartkloppings gekry. Ek het toe oorgeskakel Coke toe, maar my dokter het gesê dis nog erger! Nou drink ek tee. Verskeie soorte … Rooibos, kamille, kaneel, chai.”

* Hy drink sy tee uit die piering. “Ek het die weird maniertjie opgetel by my oupa, Appa en pa, Omar.  Dis vir my die sequence hoe jy tee drink. Nie koffie nie, dit drink ek uit die beker.”

* Hy wou kindersielkunde swot, maar daar was nie geld nie. “Ek is passievol oor kinders en werk lekker met hulle. Dis dalk ’n childlike ding wat ek het.”

* Hy wil nie seremoniemeester by korporatiewe funksies wees nie. “Ek word gereeld gevra, mense dink ek praat nonsens vir ’n lewe. Nee, nee, ek praat nie net nonsens nie en wil nie bekendstaan as komediant nie. Ek wil bekend wees as entertainer.”

* Hy sou David Kramer graag op die verhoog wou uitbeeld. “Ek het sy movements gecapture, hoe hy sing, sy mond trek, sy oë. . . Ek het begin vanjaar ’n kitaar gekoop. Ek wil leer om dit te speel. As ek ooit in tribute vir hom moet doen, dan wil ek dit góéd doen.”

* In jou September-uitgawe van SARIE (vanaf Maandag 20 Augustus 2012 te koop) gesels ons met Emo en sy ewe talentvolle broer, Loukmaan Adams. Moet dit nie misloop nie!


  • Elsabe

    Smile… Emo.
    Moet heerlik wees om vir ‘n hele Sondag middag saam met Emo, wat probeer om ‘n tjoppie te braai, te kuier.

  • Andre van Wyk

    ‘waar daar ’n rokie is, is daar ’n diep gelukkige man’
    Baie ware woorde daardie, mooi stories ,musiek, herinneringe, als om ‘n vuurtjie.. baie tyd spandeer op ons plaas anderkant Groot Marico, self musikant ook, sal musiek en ‘n kuier om braaivleis deel van my gene wees, my wese, my oorsprong, my en my kinders se kuturele toekoms..
    Emo doen jy wat jy doen, want jy doen dit omdat jy ‘voel’ wat om te doen, dis raar en kosbaar.

  • mystery

    Emo, jy’s AMPER in Tolla se klas! En daarmee bedoel ek jy hoef net "op te daag" dan lag ek klaar!
    Net jammer dat Wicus saam met jou optree, want jou show was perfek SONDER hom.

  • Claudia Daniels

    Emo ek geniet altyd jou shows. Moeni worry ni boet jy is ‘n entertainer.
    geluk en voorspoed vi jou.

  • Die bul

    Emo is n natural. Sy soort is flippen skaars. Ek dink ook..of nee ek dink nie…ek weet dat Emo en Wickus nie lekker saam gel nie. Die Emo en Wickus show is baie keer genuine kommin want daar word geprobeer om snaaks te wees en dan raak dit pateties. Kry vir Emo sy eie show finish en klaar.