Het jy gehoor?

Doen-dinge vir Augustus

Ons is in die laaste maand van winter en begin reeds uitsien na al die nuwe dinge wat lente inhou. SARIE se spesialis-redakteurs gee vir jou maandeliks ’n doen-lysie om jou lewe vol inspirasie te maak. Hier is die doen-dinge vir Augustus …

sr0712amaria_stock_bwAmaria Carstens, moderedakteur

 

Die maand van die groot uitverkopings het aangebreek! Dit is dit tyd om ’n paar winskopies los te slaan.

Kyk uit vir dié items, jy sal dit nog volgende seisoen ook kan dra:

  • Blokhakke | Swart-en-wit kombinasies | Fraiing-detail | Tekkies (sneakers) | Skerppunt-hoëhakskoene | Deursigtige paneel-detail | Die bomber-baadjie | Hoede soos die visor, wyerand-fedora en die 70’s boho-hoed | Insteekskoene met ’n punt | Trofee-halssnoer

Wenke vir uitverkopings

  • Moenie net blindelings koop nie. Al is dit goedkoop, moet jy seker wees dat jy dit regtig nodig het. Dit help nie die item lê net in jou kas nie.
  • Koop items wat nou goed pas. Moenie ’n kleiner grootte koop vir wanneer jy jou nuwe ideale gewig bereik het nie. Dit is nie te sê die item gaan jou nuwe figuur goed pas nie.
  • Koop items wat jy altyd in jou kas moet hê – ’n wit hemp, swart broek, jeans, snyersbaadjies, trench-jas, onderklere, gestreepte T-hemp en ’n mooi swart rokkie.

Lees op SARIE.com: Dis tyd vir uitverkopings aanlyn!

{——}

anita rossouwAnita Roussow, dekorredakteur

Augustus skep ons al moed vir die komende lente. Begin beplan!

  • Koop ’n mooi notaboek vir lente en skryf neer wat jy als wil doen (al gebeur dit nie).
  • Rangskik bosse blomme – of blare – uit jou tuin in elke vertrek in jou huis.
  • Plant potte vol vars kruie vir jou kombuis se vensterbank. Al kook jy nie daarmee nie, ruik dit heerlik.
  • Skuif ’n slag die meubels in jou woonvertrek rond – dit lyk sommer asof jy nuwe meubels het.
  • Raam daardie goed wat al lank in ’n laai lê, of hang mooi borde teen ’n muur.
  • Nooi vriende en maak huis-liggies vir jou tafel.

Lees op SARIE.com: Maak huis-liggies as tafeldekor

{——}

lydiaLydia van der Merwe, gesondsheidredakteur

Avokado’s is lank as vetmakend en ongesond beskou. Tog wys navorsing dis ’n mite.

Dit kan jou dalk selfs help om gewig te verloor omdat dit jou langer vol laat voel!

*Bron: Die Suid-Afrikaanse Avokado Kwekersvereniging (SAAGA).

Lees op SARIE.com: Dieetkundige Mariza blog oor ’n gesonde eetwyse

{——}

charis_2Charis Labuschagne, skoonheidsredakteur

Dis die laaste maand van koue voordat die lente uiteindelik aanbreek. Helder die vaalheid van Augustus op met kleur! Verf jou naels met donkerder skakerings soos vlootblou, woudgroen en pers. Gebruik sensuele bessie-skakerings om rokerige oë te skep en laat jou lippe die praatwerk doen met prettige koraal en rooi lipstiffie.

Lees op SARIE.com: Kies só die regte rooi lipstiffie vir jou velkleur

{——}

herman1Herman Lensing, kosredakteur: SARIE

In Augustus gaan ons karamel eet! Bak dié maand my ouma se klam sjokolade-koek met ’n blikkie karamel-kondensmelk (kry die resep in SARIE karamel.

As jy jouself nog meer wil bederf, kan jy jou eie karamel só kook: Gooi genoeg water in ’n groot pot om die blik kondensmelk heeltemal te bedek. Bring tot kookpunt en laat stadig kook vir 3 uur. Maak gereeld seker die blik is nog met water bedek, anders gaan hy ontplof! Laat afkoel en begin jou eie karameldrome droom.

Lees op SARIE.com: Die nuwe SARIE karamel nou op die rak – loer binne dié spog-uitgawe.

{——}

SARIE.com

SARIE BRUID is nou ook aanlyn300x600bruidads4! Loer deur die regte troues en kry inspirerende trou-idees! Klik HIER om na dié webtuiste te gaan.

Moet ook nie ons blogs misloop nie – dis regte mense wat hul uitdadings op ’n humorisitese en inspirerende manier aanpak. Kyk ook uit vir ons eksperte se blogs – van gesonde eetwyses tot verhoudingsprobleme. Lees al ons blogs HIER.

{——}

AUGustus doen-dinge

 

Kry jou SARIE en SARIE KOS in die pos of op jou rekenaar, foon of tablet – TEKEN HIER IN