Donatella Versace
Het jy gehoor?

Donatella Versace speel (model) vir die ander ‘span’

Donatella Versace (60) het die internet aan die gons! Dié Italiaanse mode-ontwerper is deel van Givenchy (kompetisie vir haar eie handelsmerk) se Herfs/Winter 2015-reeks, wat dié week bekendgestel is, berig Vogue

Sy het verduidelik waarom sy die kompeterende modehuis die blootstelling gee: “Ek glo daarin om die reëls te breek. Riccardo Tisci (kreatiewe direkteur by Givenchy) is verskriklik talentvol en, boonop, ’n goeie vriend. Ons is familie.”

“Ek wil van die ou sisteem ontslae raak, saam werk, mekaar ondersteun en die mode-wêreld ’n globale gemeenskap te maak,” het sy bygevoeg.

Bron: Vogue

Lees nou