sr1112kos_10_
Het jy gehoor?

Donker-en-witsjokolademousse-terrien

Trifle hoef nie altyd deurmekaar in ’n bak te wees nie, daar is ander maniere ook. Dié soet terrien is ’n gunsteling van my. Probeer dit gerus, dit is selfs lekker saam met koffie ná die groot kuier!

(6 – 8 porsies)

• 2 eierwitte
• 60 g strooisuiker
• 250 ml room
• 150 g witsjokolade, fyngekap
• 100 ml melk
• 150 g donkersjokolade, fyngekap
• 1 x 500 g-Madeira-koek
• 200 g ingelegde kersies (Maraschino-kersies), gedreineer

Klits eierwitte tot sagte punte vorm terwyl jy die strooisuiker geleidelik byvoeg. Hou aan klits tot blink en styf. Hou eenkant terwyl jy die room tot sagte punte klits. Spuit ’n broodpan van 12 x 22 cm met kleefwerende kossproei en voer uit met kleefplastiek. Plaas witsjokolade en helfte van melk in glasbak wat oor pot met kookwater pas. Hou aan roer tot gladde mengsel. Vou helfte van eierwitmengsel by
witsjokolade in, gevolg deur helfte van room. Gooi in die pan en maak gelyk. Smelt donkersjokolade saam met res van melk oor kookwater. Vou res van die eierwitmengsel in die donkersjokolade in en vou orige room by. Gooi bo-oor die witsjokolademousse. Sny die Madeira-koek in dun skyfies en plaas bo-op die donker mousse. Laat stol vir sowat 3 – 4 uur of oornag. Keer uit en sit voor met kersies.

  • nike schuhe selber machen

    Enjoy may stimulated priority to the existence along with growth of that which they take pleasure in.
    nike schuhe selber machen http://www.nikeschuheherrende.com/