FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Donnalee Roberts se spesiale rok die première van Pad na jou hart

Dit is vanaand die première van Pad na jou hart en een van die hoofkarakters van dié Afrikaanse liefdesavontuur, Donnalee Roberts, gaan ’n baie spesiale rok dra …

Donnalee se rok is ontwerp deur haar vriendin en mede-akteur in 7de Laan, Angelique Gerber. Sy het vir Angelique, wat verlede jaar haar eie klerereeks bekend gestel het, gevra om haar uitrustings vir dié fliek se twee rooitapytgeleenthede (een in Johannesburg, een in Kaapstad) te ontwerp.

“Dit was vir my ’n eer om die rok te maak, want dis ’n groot aand vir Donnalee,” sê Angelique. Donnalee speel nie net een van die hoofrolle in dié rolprent nie, sy het dit ook help skryf en vervaardig saam met haar medester, Ivan Botha.

FOTO: Deon van Wyk

Angelique in een van die rokke wat sy self ontwerp het. FOTO: Deon van Wyk

Luister na ADAM se lied op die klankbaan van Pad na jou hart

“Sy gaan asemrowend lyk!” meen Angelique, wat nou haar ontwerpershoed aanhet. Sy vertel dat die rok ’n vintage gevoel het en in neutrale skakerings van kant is.

Ek wil hê sy moet soos ’n ster voel wanneer sy dit dra.

“Ek het probeer dat die rok wat sy vanaand gaan dra Donnalee se klein figuur beklemtoon. Maar ek wil ook hê sy moet gemaklik wees.”

Angelique het verklap dat Donnalee se rok vir die première in Kaapstad meer been gaan wys as vanaand se skepping.

“Dit was vir my ’n biae lekker proses, want Donnalee is my vriendin,” vertel Angelique. “Ons het presies geweet wat die ander een bedoel toe ons oor die rok gepraat het. Donnalee weet waarvan sy hou en was baie betrokke by die maak van die rok. Sy het self gesê wat ek moet bysit of weghaal.”

Agter die skerms by Pad na jou hart

Het jy Angelique se nuwe haarkleur gesien? Klik HIER.