FOTO: Donnalee Roberts en Ivan Botha

FOTO: Donnalee Roberts en Ivan Botha

Het jy gehoor?

Donnalee en Ivan blog vir SARIE oor hul nuwe fliek

Ivan Botha en Donnalee Roberts – die skrywers, vervaardigers én akteurs van die trefferfilm Pad na jou hart – span wéér kragte saam vir hul nuutste fliek, Vir altyd.

Vir altyd word grootliks op Mauritius geskiet en SARIE tree as trotse mediavennoot op.

Die span is tans in Mauritius vir voorbereidings vir die verfilming later vanjaar. Donnalee en Ivan gaan dié week hier op SARIE.com blog oor hul reis, en eksklusiewe foto’s deel.

 

DAG 6 – Laaste dag in Mauritius

Die laaste dag in Mauritius het ons die laaste bietjie son, see en water geniet.

Die regisseur en kinematograaf het saam met ’n deel van die span gaan aquaventure, om seker te maak wat ons sou benodig om onderwater te kan verfilm. Aquaventure is ‘n heerlike water-aktiwiteit wat deur Long Beach Hotel aan gebied word. Mens beleef die onderwaterlewe van naby terwyl jy op die bodem van die see loop met ’n suurstof-helm aan.

Later het die span ’n laaste keer saam met SummerTimes na die kusdorpies rondom die oord gereis om finale verfimings locations vas te maak.

Die week in Mauritius is afgesluit met baie opgewondenheid oor alles wat ons saam met die Mauritius Tourism Promotion Authority (MTPA) ontdek, bespreek en bevestig het. Nou kan dié span saam met die volledige filmspan, World Leisure Holidays en ons ander vennote in Suid-Afrika die bal aan die rol kry voordat ons oor vier weke met produksie aan Vir Altyd begin.

Ivan en Donnalee: “Ons is oneindig dankbaar vir die wonderlike ondervinding wat ons  tydens hierdie recce gehad het. Met die hulp van ons fantastiese vennote en die lieflike mense van Mauritius het ons die mooiste mooi van die eiland ontdek. Ons kan werklik nie wag om almal wat 12 Februarie 2016 Vir Altyd gaan kyk saam op hierdie avontuur te neem nie”

Dag 5:

Die paaie deur die verskillende kusdorpies bring opnuut nóg mooi en wonder aan die eiland.

Ons het vroegoggend saam met SummerTimes die groen paadjies deur die berge en dale aangepak na die La Vallee Des Couleurs, waar die bekende 23 Coloured Earth is. Vandaar het ons na die Black River Gorge-uitkykpunt gery. Ons het by ’n string padstalletjies gestop en rongeloop om die tradisies en gewoontes van die eiland-inwoners te beleef.

Die kusdorpie Trou d’eau Douce het ons bederf met heerlike “Tikwas” (klapper-vetkoek). Daar is ’n lieflike outentieke klein hawe, tradisionele strate en kleurvolle huise.

Die laaste stop was by die pragtige Bel Mare-ruïnes – ’n verlate suikerfabriek wat ‘n pragtige skildery in die landskap van die dorp, Bel Mare is.

Ivan en Donnalee: “Die sjarme van Trou d’eau Douce het vandag totaal ons harte gesteel.”

Dag 4:

Vandag het die ons na die binneland van Mauritius gereis, om te sien wat die hoofstad, Port Louis en die omliggende omgewig vir toeriste, en Vir Altyd, kan bied.

Met ’n onderstebo see van sambrele, ’n oseaan van verskillende lappe, en allerlei interessante vrugte- en groentesoorte het die Port Louis-hawe en die Grand Bazaar die filmspan behoorlik verwelkom.

Ivan en Donnalee: “Die energie in Port Louis se Grand Bazaar was tasbaar, en ons kan nie wag om dit op kamera vas te vang nie.”

Dag 3:

Long Beach word nie verniet Long Beach genoem nie. Die uitgestrekte wit strand voorsien eindelose opwinding en pragtige natuurskoon!

Ons het vandag die strande en wat die avonture wat dit bied verken. Die dag is afgeskop met trapbootjies op die helder Mauritius-water.

Ons het ook vandag vergaderings met die hotelbestuur gehou, en vir aandete ’n heerlike Italiaanse-dis by een van die vyf wonderlike restaurante op die oord geniet.

Ivan en Donnalee: “Deur die son, wind en water word die span bederf met die mooiste uitsigte waaraan jy kan dink.”

 

DAG 2:

Die moontlikhede wat Long Beach bied het ons baie opgewonde gemaak.

Ons het die dag by die hotel spandeer, waar verskillende plekke op die oord oorweeg is vir die fliek. Ons het vroegoggend begin, en alles fyn bekyk, van die ingang van die vyfster-hotel, die piazza, verskillende restaurante, en kamers, tot die swembaddens, gimnasium en die unieke spa.

Ivan en Donnalee: “Wat ’n voorreg om ons ‘nuwe kantoor’ met die filmspan te kan deel. Só wíl ’n mens mos hard werk!”

Dag 1:

Ná ’n goeie vergadering op O.R. Tambo-lughawe is die span gereed om te vertrek na Mauritius. ’n Gedeelte van die prent sal daar afspeel en dié reis na die “eiland van liefde” is om die plekke waar verfilm gaan word te kies en finale reëlings daarvoor te tref.

Screen Shot 2015-04-14 at 10.04.56 AM

FOTO: Agter, van inks na regs: Monika Marshall (verteenwoordiger van World Leisure Holidays), Dries Scholtz (lynvervaardiger), Danie Bester (vervaardiger), Ivan Botha (vervaardiger, skrywer en akteur), Donnalee Roberts (vervaardiger, skrywer en akteur), Jacques Koudstaal (kinematograaf), Waldemar Coetsee (produksieontwerper), Jaco Smit (regisseur). Voor, van links na regs: Jessica Fitzcharles (reis en bemarking), Owen Temba (eenheidsbestuurder) en Maricia Pieterse (produksiebestuurder)

 

Ivan Botha en Donnalee Roberts skryf: “Ons is baie opgewonde om die SARIE-lesers saam met ons op die location scout te neem, en al die wonders van Mauritius te deel wat in Vir altyd gesien sal word.”

Ná die vlug het ′n SummerTimes-bus die span by die lughawe opgelaai. Die filmspan bly vir die week by Long Beach, een van World Leisure Holidays se gunsteling-vakansieoorde op Mauritius.

Hou dié spasie dop om te sien hoe mooi dit hier lyk!

Hou ’n ogie op SARIE se Facebook-blad om nie die res van die inskrywings te mis nie!

Vir altyd sal op 12 Februarie 2016 in teaters begin draai.

SARIE tree is die trotse media-vennoot van Vir Altyd

Lees nog: